JMPD-beampte in hof ná kollega dood is in skietvoorval

Lees ook :

Foto: JMPD

GAUTENG. – ’n Saak teen ’n Johannesburgse metropolisiebeampte wat van moord aangekla word, is tot 6 Julie vir ‘n formele borgtogaansoek in die Protea-landdroshof uitgestel.

Lizzy Suping, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê ‘n JMPD-beampte het vroeg op 28 Junie in Glenridge Uitbreiding 16, Soweto, glo met haar diensvuurwapen op ‘n voertuig geskiet, waarin ‘n kollega gery het. Volgens Opod het ‘n argument tydens ‘n geleentheid in Soweto ontstaan, waarna die skietvoorval plaasgevind het. Die kollega is noodlottig gewond en op die toneel dood verklaar.

’n 9 mm-pistool, leë patrone en lewendige ammunisie is op die toneel gevind. Die verdagte is in hegtenis geneem en vir bloedtoetse geneem. Die saak het op 30 Junie in die hof voorgekom en is met ‘n week uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief