Johannesburg-pakhuis van 2 000 m2 vernietig

Lees ook :

Foto: SABC Nuus

‘n Groot pakhuis by die Amalgam- industriële perseel in Langlaagte, Johannesburg, is in ‘n brand verwoes.

Die brand het in die vroeë ure van Saterdagoggend uitgebreek.  Luidens ‘n verslag uitgereik deur die Johannesburgse Nooddienste (EMS), het brandbestryders die pakhuis van 2 000 vierkante meter omstreeks 02:00 in vlamme gehul gevind.

Die intensiteit van die brand het veroorsaak dat die dak inmekaargestort en die buitemure meegegee het. Brandbestryders se poging om te keer dat die vlamme na nabygeleë geboue in die Amalgan- industriële gebied versprei, was suksesvol.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die EMS, sê geen sterftes of  beserings is aangemeld nie.

Hy sê voorts die brand is nou geblus, maar dat ondersoekspanne is steeds op die toneel. ‘n Deeglike assesering word gedoen om vas te stel wat die brand kon veroorsaak het. Volgens Mulaudzi was dit ‘n besige tyd vir nooddienste, aangesien daar onlangs ook ander brande in Johannesnburgse informele nedersettings (soos Kathrada Park) weens die koue winterweer was.

Bron: SABC Nuus

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief