Kabeldiefstal ruk Overstrand-gemeenskappe

Lees ook :

OVERSTRAND. – Inwoners van Bosplasie in Onrus, Hermanus, was vandeesweek weer deur ’n voorval van kabeldiefstal geraak.

In die vroeë ure van Dinsdag 23 Junie 2026 is kopergeleiers van ‘n Eskom-infrastruktuur in die Onrus-omgewing gesteel.

Eskom-spanne was teen 10:00 op Woensdag 24 Junie 2026 steeds op die toneel om die gesteelde kopergeleiers te vervang en die beskadigde infrastruktuur te herstel.

Die Overstrand gaan gebukkend onder ‘n kommerwekkende neiging van kabeldiefstal en vandalisme regoor die gebied. Minstens 16 voorvalle van kabeldiefstal, vandalisme en stormskade het die elektrisiteitsinfrastruktuur in Fisherhaven, Hawston en die Hemel-en-Aarde-vallei onlangs geraak.

Volgens ’n verslag uitgereik deur die Overstrand-munisipaliteit plaas ramings die materiële verliese aan Eskom-infrastruktuur op ongeveer R1.43 miljoen. Die beraamde materiële verlies vir die Overstrand-munisipaliteit se infrastruktuur beloop sowat R1.20 miljoen. Gekombineerde kostes vir netwerkherstelwerk en noodherstelwerk kan uiteindelik meer as R4 miljoen tot R6 miljoen beloop. Die totale finansiële impak op arbeid, vervoer, aanleg- en herstelkoste bygereken, word tussen R3.5 miljoen en R4.5 miljoen beraam.

Luiidens die verslag moedig die Munisipaliteit inwoners steeds aan om verdagte bedrywighede aan te meld. Ingevolge ‘n staande Raadsbeleid word ‘n beloning van tot R5 000 aangebied vir enigiemand wat inligting verskaf wat lei tot die suksesvolle vervolging van ‘n persoon of persone wat doelbewus kritieke infrastruktuur beskadig of steel.

Inwoners met inligting kan die Overstrand-munisipaliteit se 24/7-kontaksentrum bel by 028 313 8000 / 8111, hul wyksraadslid op WhatsApp kontak, die “Citizen App” gebruik, of ‘n e-pos stuur na [email protected].

Bron: Overstrand-munisipaliteit

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief