Kardinale vergader vandag oor pous Franciskus se begrafnisreëlings

Lees ook :

Kardinale vergader vandag oor pous Franciskus se begrafnisreëlings fotokrediet: X

VATIKAAN. – Kardinale sal vandag vergader om die begrafnisreëlings vir pous Franciskus te bespreek. Pous Franciskus is gister (Maandag) in die ouderdom van 88 oorlede na ’n beroerte wat tot ’n koma en hartversaking gelei het.

Lees ook: Vatikaan sê pous is stabiel maar steeds in gevaar

Sy liggaam sal na St Peters-basilika geskuif word vir die publiek om hulle laaste eerbetoon aan hom voor die begrafnis te bewys. Nege dae van rou is na pous Franciskus se dood verklaar. Die begrafnis sal moontlik volgens Italiaanse mediahuise Saterdag plaasvind.

Kardinaal Kevin Farell sal die administratiewe en finansiële pligte uitvoer tot ’n nuwe pous gekies word.

Bronne: The Independent, BBC, New York Times

Lees ook: Pous Franciskus sterf op 88

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief