KI-verkeerskameras vir eers net op proef gestel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad het ‘n KI-gedrewe verkeerskamera op die proef gestel om verkeersoortredings, soos motoriste wat nie gordels dra of selfone gebruik nie, sowel as die ignorering van soliede wit lyne, op te spoor. Die proefprojek is bedoel om te bepaal hoe die tegnologie wetstoepassing kan help.

Kevin Jacobs, woordvoerder vir die stad se verkeersdienste, sê aan Nuusflits die Stad wag nog op riglyne van die nasionale direkteur van openbare vervolgings (NDOV) om te bevestig of hulle die gebruik van hierdie tipe kameras wettiglik kan voortsit. Daar is voorts bevestig dat daar tans geen planne vir ‘n massiewe uitrol van KI-kameras in die stad is nie, maar die Stad sê dit kan in die toekoms ‘n groter rol speel in die handhawing van wet en orde.

Op ‘n vraag van Nuusflits hoe motoriste se data en privaatheid beskerm sal word, sê Jacobs dit hang af van die wetlike parameters wat deur die NVTG vasgestel sal word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief