Heinrich Sander (25), die nuwe tandarts by Dentists @ Memorial, kon nie die geleentheid wat hy in Kimberley gekry het, deur sy vingers laat glip nie. Hy vind nog sy voete en FiND iT het by hom gaan inloer om hom beter te leer ken.
Beskou homself as ’n ekstrovert
Dr. Stander kom oorspronklik van Bloemfontein en het in Pretoria studeer. Hy beskou homself as ’n ekstrovert, met ’n passie vir mense en kom maklik oor die weg met almal. Hierdie plat-op-die-aarde man se hartsbegeerte was van kleintyd af om ’n tandarts te word, hy geniet die praktiese en mediese komponent daarvan.
Hy wil ’n verskil maak
“’n Goeie dag in my oë is wanneer ek ’n verskil kan maak in mense se lewens, soos om te sien hoe iemand met ’n groot glimlag by my deur uitstap.”
’n Tipiese naweek in dr. Stander se lewe behels aktiwiteite soos golf, om te braai saam vriende en om ’n goeie rugbywedstryd te kyk. “Ek is avontuurlustig en geniet dit om vis te vang en selfs om te jag. Ek geniet ook ’n uitdaging en gaan hierdie jaar die Comrades hardloop en die Argus ry.”
FiND iT wens hom alle sterkte toe met hierdie nuwe seisoen wat voorlê. Ons glo hy sal sommer vinnig sy voete in Kimberley vind en suksesvol wees.
Maak nou ‘n afspraak by dr. Sander! Bel die praktyk by 053 832 9551.