Kinders beseer toe munisipale voertuig hulle glo stamp

Lees ook :

Foto: Franschoek First Responders

WES-KAAP. – Twee kinders, onderskeidelik 12 en 13 jaar oud, is beseer toe hulle glo deur ‘n munisipale voertuig in Franschhoek gestamp is. Die voorval het Sondagaand in die Mooiwater-gebied plaasgevind toe ’n amptenaar van die elektrisiteitsafdeling op pad was na waar ‘n probleem aangemeld is.

Stellenbosch-munisipaliteit het bevestig dat nooddienste onmiddellik na die toneel ontbied is. Die twee kinders is op die toneel gestabiliseer en daarna na nabygeleë hospitale vervoer waar hulle tans behandeling ontvang en na verwagting sal herstel. Volgens die munisipaliteit is die betrokke voertuig intussen geskut en ’n saak van roekelose en nalatige bestuur is deur die polisie geopen. Die owerheid sê hulle sal ten volle met die ondersoek saamwerk en ook ondersteuning aan die betrokke families bied.

Die Franschhoek First Responders het intussen op sosiale media bevestig dat hulle na ’n voetganger-voertuigbotsing in Culemborgstraat, Groendal, ontbied was. Volgens hulle was twee kinders raakgery en het hulle matige tot ernstige beserings opgedoen. Die pasiënte is vir verdere mediese sorg na hospitale vervoer.

Die munisipaliteit het die beseerdes ’n spoedige herstel toegewens.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief