GAUTENG. – ‘n Klein groepie mense was vanoggend met ‘n optog in Casonweg in die rigting van Main Reefweg in Boksburg-Noord besig.
Die Gauteng Provinsiale Gesamentlike Operasionele Sentrum (JOC) sê wetstoepassers en veiligheidsdienste het die optog gemonitor om te verseker dat alles ordelik verloop.
Geen voorvalle is tot dusver aangemeld nie.





