Kleuterskoolwerker tronk toe vir verkragting van 4-jarige

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

MPUMALANGA. – ‘n Man (37) is deur die Boschfontein-streekhof tot 25 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ’n vierjarige meisie. Sy naam word weerhou om die kind te beskerm. Hy was ’n algemene werker by die kleuterskool waar sy skoolgegaan het.

Monica Nyuswa, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die misdaad het op 1 September 2023 by ’n kleuterskool in KwaMhlushwa plaasgevind. Die kind het ná skool saam met maats buite gespeel toe die beskuldigde haar na die kombuis geroep en die deur toegemaak het. Die kind se suster het deur ’n venster gekyk en die voorval gesien. Later het die slagoffer oor pyn gekla. Haar suster het toe hul ma ingelig. Die saak is dadelik by die polisie aangemeld en die man is in hegtenis geneem. Hy het onskuldig gepleit en gesê hy was nie daar nie.

Thembile Ngonyama, die staatsaanklaer in die saak, het egter sterk getuienis aangebied, insluitend getuies, die eerste verslag van die kind en ’n mediese verslag. Die hof het die staat se saak aanvaar en die beskuldigde se weergawe verwerp. ’n Slagofferimpakverklaring het die trauma vir die kind en haar familie uitgelig. Die hof het geen rede gevind om van die minimum vonnis af te wyk nie en 25 jaar tronkstraf opgelê.

Die beskuldigde se naam word in die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring. Hy mag nie met kinders werk nie en mag ook nie ’n vuurwapen besit nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief