WES-KAAP. – Klippe is glo doelbewus langs die N2, net voor die afdraai na die R300, geplaas in wat as ’n moontlike gevaar vir motoriste beskou word.
Raadslid Emre Uygun sê hy het ’n foto van die klippe aan die Stad Kaapstad se direktoraat vir veiligheid en sekuriteit gestuur en versoek dat dit verwyder word, voordat dit gebruik kan word om motoriste aan te val. Uygun sê die foto is nie deur homself geneem nie, maar deur ’n vroulike motoris wat die situasie onder sy aandag gebring het. Hy het die foto vervolgens gedeel om ander motoriste teen die moontlike gevaar in die gebied te waarsku en hulle te maan om waaksaam te wees.
Die bewering dat die klippe doelbewus vir aanvalle daar geplaas is, is nie onafhanklik bevestig nie.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: