WES-KAAP. – ’n 33-jarige man is Maandagmiddag omstreeks 14:00 by News Cafe in Marine Circle, Table View, doodgeskiet. ’n Video-opname van die voorval is aan Nuusflits verskaf, maar word uit respek nie beskikbaar gestel word nie.
Die verdagtes het terwyl hulle skiet telkemale teruggekeer en weer geskiet terwyl hulle al die man se besittings gebuit het.
Volgens polisiewoordvoerder, kapt. F. C. van Wyk, het Table View-polisiebeamptes op die klagte reageer waar hulle die liggaam van die slagoffer met verskeie skietwonde aangetref het. Mediese personeel het die man op die toneel dood verklaar. Die omstandighede van die skietery bly onduidelik en die motief vir die aanval is nog nie vasgestel nie. Geen inhegtenisnemings is tot dusver gemaak nie.
Community Medics, bygestaan deur Netcare911, ER24 EMS en Metro EMS Westelike Distrik was op die toneel. Ten spyte van hul pogings kon die slagoffer se lewe nie gered word nie.
Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die ondersoekbeampte, speur.kapt. Jood Tieties, by 079 894 1257 te bel.






