Kokaïen van R28 m. op OR Tambo onderskep

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – ’n Besending van 95 kilogram kokaïen vanaf Brasilië, met ’n geskatte waarde van R28 miljoen, is op die OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die intelligensiegedrewe operasie is Vrydag uitgevoer nadat inligting oor die besending kokaïen ontvang is. Polisiebeamptes van sigbare polisiëring (Vispol) by die lughawe het die inligting saam met doeanebeamptes en operasionele personeel van Menzies Aviation ondersoek.

Die vrag het omstreeks 13:00 op ’n vlug vanaf São Paulo, Brasilië, in Suid-Afrika aangekom en is kort daarna in die vragafdeling van die lughawe onderskep. Daar is op die 95 kilogram kokaïen beslag gelê.

Nog niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Ondersoeke duur voort om die persone wat na bewering by die smokkeloperasie betrokke is, te identifiseer en in hegtenis te neem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief