Angie Motshekga, die minister van verdediging en militêre veterane, het ‘n kommissie van ondersoek saamgestel om beweringe oor die vlootoefening Will for Peace 2026 te ondersoek. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa ‘n spesifieke instruksie uitgereik het oor die deelname van die Islamiese Republiek van Iran en dit blyk of die instruksie verontagsaam is.
Volgens ‘n verklaring van die SANW moet alle feite van die saak vasgestel word. Regter B.M. Ngoepe is as die voorsitter van die kommissie aangestel, met regter M.M. Leeuw en regter C. Satchwell, asook skoutadmiraal P.T. Duze as lede.







