WES-KAAP. – Geordin Hill-Lewis, Kaapstad se burgemeester, het kort gelede bekend gemaak dat R114 miljoen in die N2 Edge-projek belê word om veilgheidsversperrings te herstel, beter beligting aan te bring en nuwe oorgange vir voetgangers te skep.
Volgens dié sosialemediaplasing van Hill-Lewis gebruik duisende inwoners van Mitchells Plain, Khayelitsha, Blue Downs, Eersterivier, Mfuleni en die Helderberg daagliks hierdie snelweg. Hy sê die stad werk doelbewus aan die veiligheid van padgebruikers.
“Ons werk vir hul veiligheid,” het Hill-Lewis bygevoeg.





