Kremlin-kritikus Navalny glo deur Rusland vergiftig

Lees ook :

Foto: Envagyokabela

EUROPA. – Vyf Europese lande – die VK, Frankryk, Duitsland, Swede en Nederland – het Rusland daarvan beskuldig dat ’n gifstof afkomstig van pylgifpaddas, epibatidiene, gebruik is om die Kremlin-kritikus Alexei Navalny te vermoor.

Volgens Aljazeera het die vyf lande het Saterdag in ’n gesamentlike verklaring beweer dat Navalny twee jaar gelede vergiftig is terwyl hy in ’n Arktiese strafkolonie aangehou is. Moskou het die bewerings as propaganda verwerp.

Die bevindinge is deur Navalny se weduwee, Yulia Navalny, bekend gemaak.

Navalny (47) is in Februarie 2024 in ’n Arktiese strafkolonie oorlede nadat hy skuldig bevind is aan ekstremisme en ander aanklagte, wat hy deurgaans ontken het. Russiese owerhede het gesê die politikus het ná ’n wandeling ongesteld geraak en aan natuurlike oorsake gesterf.

“Rusland het beweer dat Navalny aan natuurlike oorsake gesterf het. Maar gegewe die toksisiteit van epibatidiene en die aangemelde simptome, was vergiftiging heel waarskynlik die oorsaak van sy dood,” lui die verklaring.

Die lande het verder gesê die jongste bevindinge beklemtoon die noodsaaklikheid dat Rusland aanspreeklik gehou moet word vir “herhaalde oortredings van die Konvensie oor Chemiese Wapens en, in hierdie geval, die Konvensie oor Biologiese en Giftige Wapens”.

Pylgifpaddas kom in Suid-Amerika voor. Die gif wat een padda uitskei, kan 10 mense doodmaak en daar is geen teengif beskikbaar nie.

Bronne: Aljazeera, The Independent, WAT

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief