Die Kiks (Kaapse Internasionale Konferensiesentrum) speel sedert 20 Februarie gasheer vir die 2026 Investec Kaapstad Kunsmark. Vir hierdie 13de interkulturele kunsmark is die tema “Luister”.
Die Afrika-kunsmark is ’n vinnig groeiende segment van die internasionale kunswêreld. Die interkulturele mark bied kunstenaars die geleentheid om galerybestuurders, kunsversamelaars, kurators en ander kunstenaars te ontmoet en waardevolle netwerke te bou. Meer as 490 kunstenaars se werk word by die 2026-kunsmark uitgestal.
Die tema “Luister” beklemtoon ’n vorm van betekenisvolle interaksie en moedig besoekers aan om tussen die geraas stil te raak en kuns met aandag en intensie te beleef.
Internasionale en plaaslike kunstenaars maak deel uit van 126 kontemporêre kunswerke wat uitgestal word. Dit is ’n kleurvolle versameling interkulturele talent onder een dak. Mediums sluit onder meer verf, plastiek, klei en houtskool in. Sensories word kunsliefhebbers bederf met ’n ervaring wat waardering vir fyn detail en vakmanskap aanwakker. Die werke is betowerend, en dit is moeilik om nie uit te reik en daaraan te raak nie.



Die kunsmark kom vandag, 22 Februarie, tot ’n einde.
Sien ook: Investec Cape Town Art Fair





