KYK: 21 vissermanne ongedeerd toe brand op boot uitbreek

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname Mooi Weskus Facebook-blad

OOS-KAAP. – Al 21 vissers is Maandag omstreeks 17:50 veilig gered nadat ’n brand op die Silver Dorado-boot, sowat een seemyl van Noordhoek, Gqeberha, uitgebreek het.

Luidens ‘n verklaring van Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, is Gqeberha-stasie 6 geaktiveer nadat ’n ooggetuie die voorval deur die 112-noodnommer aangemeld het. ’n Mayday-noodoproep van die boot is ook op mariene VHF-kanaal 16 onderskep. Die bemanning het aangedui dat ’n brand aan boord uitgebreek het en dat alle lede voorberei om die vaartuig te verlaat.

Verskeie plaaslike vissersvaartuie het gehelp om die vissermanne uit die see en op ’n reddingsvlot te help. Mark Dawson, NSRI-Gqeberha-stasiebevelvoerder het gesê almal is gered en was veilig. Die NSRI het die vissermanne daarna na die hawe van Port Elizabeth geneem waar nooddienspersoneel hulle ondersoek het. Geen beserings is aangemeld nie.

Die steeds brandende boot, wat gemonitor word, het intussen in die rigting van Kaap Recife gedryf. Die eienaars het ‘n maatskappy aangestel om die boot uit die water te herwin en ‘n besoedelingsreaksiemaatskappy om toegang tot die boot te verkry, wat deur die gevaarlike rif en die donkerte bemoeilik is.

Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) en die polisie ondersoek die oorsaak van die brand.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief