KYK: 6 dood, 3 gewond in skietvoorval in Reigerpark

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WAARSKUWING! Die video-opname kan sensitiewe lesers ontstel, alhoewel geen slagoffers gesien kan word nie.

GAUTENG. – Ses mense is Saterdag tydens ‘n skietvoorval in Reigerpark dood en drie ander is beseer.

Luidens ‘n verklaring deur kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, het ‘n silwerkleurige Polo en ’n swart Polo die gebied binnegegaan en is daar lukraak vanuit die voertuie begin skiet. Die omstandighede rakende die voorval is nog onduidelik, maar die polisie het ’n soektog van stapel gestuur om die verdagtes op te spoor.

Genl.maj. Fred Kekana, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het bevestig daar is ná die voorval bykomende hulpbronne ontplooi. Die Reigerpark-gemeenskap is versoek om wetstoepassers toe te laat om hulle werk te doen. Enige kriminele aktiwiteite moet aangemeld word.

Ondersoeke duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief