Moord ondersoek nadat luuksemotorvoertuig deur hek ploeg

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – ’n Moordsaak is geregistreer nadat ’n Mercedes-Benz vanoggend vroeg (Sondag) in ’n motorhandelaar se hek in Menlyn, Pretoria, vasgery het. Getuies by ’n plaaslike kroeg het beweer hulle het skote gehoor voordat die voertuig, met koeëlmerke, die hek getref het.

Volgens polisiewoordvoerder kol. Dimakatso Nevhuhulwi is die verdagtes steeds onbekend en word die omstandighede van die voorval ondersoek.

Pretoria Volunteer Emergency Services (PVES) sê in ‘n sosialemediaplasing dié diens het binne ses minute, omstreeks 00:30, ná ‘n noodoproep op die toneel opgedaag. Hulle het eers die veiligheid van die terrein verseker en bystand van nog ambulansdienste en die polisie versoek. Een persoon is dood en nog een kritiek beseer aangetref. Die voertuig waarin hulle was, het buite ‘n klub beheer verloor en deur ‘n hek gery. Die krities beseerde pasiënt is met ‘n Netcare911-helikopter na ’n traumafasiliteit in Johannesburg gevlieg.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief