Die Suid-Afrikaanse sangeres Amor Vittone het haar aanhangers laat skaterlag met ’n humoristiese video van ’n inkopie-uitstappie saam met Kylie, haar dogter.
Vittone het op 24 Mei vertel hoe ’n gewone dag se inkopies vinnig in ’n komiese situasie ontaard het toe haar dogter in ’n paskamer vasgesit het, terwyl sy ‘n denim aangepas het. Volgens haar het hulle hard gelag. Vittone wat ingekruip het om haar dogter te help, moes weer uitkruip om haar luiende foon te gaan haal, terwyl haar dogter steeds binne vasgekeer was. Die winkelpersoneel moes uiteindelik ingryp en die deur oopsaag sodat haar dogter kon uitkom.
Vittone het die voorval tong-in-die-kies beskryf as tipiese “shopping met jou dogter” en die video het vinnig reaksie op sosiale media ontlok, met baie gebruikers wat hul eie soortgelyke ervarings gedeel het.





