MPUMALANGA. – ‘n Video van ‘n bakkie wat op die R40 tussen Witrivier en Mbombela eers teen die verkeersvloei ry en dan so hittete ‘n ongeluk of twee veroorsaak, is wyd op sosiale media gedeel. Die bakkie ry dan net voor ‘n vragmotor, steeds aan die verkeerde kant van die verkeer, van die pad af.
Volgens inligting wat deur Nuusflits ontvang is, het die bestuurder glo ‘n epileptiese aanval gehad, wat tot die ongeluk gelei het. Dit is onbekend wie die video gemaak het.






