Yshokkie: Pretoria ontneem Kaapstad van kroon

Lees ook :

yshokkie

Die nasionale Superliga yshokkie toernooi het Maandagaand by Grandwest Kaapstad op ‘n hoë noot ten einde geloop. Die twee spanne in die finale rondte ; Die Pretoria Capitals en Cape Town Kings, het mekaar goed opgekeil , maar op die end was die Pretorianers net te sterk en het as die oorwinnaars uit die stryd getree. Die Superliga is Suid-Afrika se hoogste vlak van kompetisie. Die liga bestaan uit spanne van die drie grootste gebiede, naamlik Kaapstad, Johannesburg en Pretoria. Gestig in 2015, is die liga gevorm om ‘n hoë vlak toernooi vir die beste yshokkie spelers in die land te reël. Die toernooi bereik sy hoogtepunt in Oktober wanneer al drie spanne mekaar in ‘n finaal in Kaapstad aanvat om as die jaarlikse Superliga-kampioene gekroon te word.

Foto Johan Maree – aXnshots

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief