KYK: Bestuurder oorleef nadat motor op N2 in twee breek

Lees ook :

Foto's: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – ’n Bestuurder (27) het Saterdagmiddag met geringe beserings daarvan afgekom nadat sy voertuig op die N2 noordwaarts naby King Shaka-lughawe teen ’n lamppaal gebots en in twee gebreek het.

IPSS Medical Rescue sê die wrak van die VW was skaars herkenbaar toe paramedici op die toneel aankom. Die bestuurder het egter net ligte beserings opgedoen. Motoriste is gewaarsku om stadiger te ry en hulle volgafstand te vergroot, aangesien meer reën oor die komende dae verwag word.

Dié diens sê nie alle bestuurders en passasiers is so gelukkig nie.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê kort ná 12:00 is verskeie oproepe vir hulp ontvang. Paramedici en reaksiebeamptes het op die toneel aangekom waar verskeie dienste reeds teenwoordig en besig was.

’n Deel van die voertuig is tussen die noordelike en suidelike baan van die snelweg aangetref.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief