KYK: Beweerde aanranding deur polisiekonstabel ondersoek

Lees ook :

Foto en video-opname: SAPD

MPUMALANGA. – ’n Ondersoek is ingestel nadat ’n video op sosiale media versprei is waarin ’n polisiekonstabel na bewering ’n lid van die publiek aanrand. Die voorval het glo op 2 April by die Volksrust-polisiekantoor plaasgevind.

Brig. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die bewerings word ernstig opgeneem en dat ’n interne sowel as ’n strafregtelike ondersoek reeds aan die gang is. Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is ook in kennis gestel en sal na verwagting sy eie ondersoek loods.

Die polisie het intussen beklemtoon dat hulle verbind bly tot professionele optrede en aanspreeklikheid, en dat enige oortredings streng hanteer sal word.

Genl.maj. Zeph Mkhwanazi, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, sê die gedrag van lede is van kardinale belang om openbare vertroue te behou, en dat daar beslissend opgetree sal word teen enige vorm van wangedrag.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief