Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Dis net water waar jy kyk in die Oos-Kaap

Uitgenhage loop ook sterk onder vloede deur. Foto: X
Uitgenhage loop ook sterk onder vloede deur. Foto: X

OOS-KAAP. – Verskeie dele van die Oos-Kaap loop tans onder vloede en hoë reënval deur. Dit hou verband met die afsnylaagdruk wat oor die Wes-Kaap beweeg.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër ’n Oranje Vlak 6-waarskuwing van ontwrigtende reën vir die gebied vanaf Gqeberha tot Port St Johns uitgereik.

Charmain Mulder Hurter sê daar het al meer as 250 mm se reën in Uitenhage geval. Die Uitenhage-polisie het spesiaal ’n beheerkamer opgestel waarheen mense kan bel indien hulle in nood verkeer.

Oos-Londen het volgens Louise Gerber Kleynhans meer as 100 mm reën sedert gisteroggend 08:00 gekry. Gerrit Naude wat in Port Alfred bly, sê by hulle het dit sedert Vrydagaand meer as 165 mm gereën.

Stilbaai, Gansbaai, Margate en Gqeberha ontvang ook baie reën.

Die volgende beeldmateriaal is deur inwoners op sosiale media gedeel:

@atlassecurity_247

🚨Flood & Power Alert in NMB! 🚨 We are closely monitoring the situation as we have received reports and videos showing significant flash flooding in parts of Uitenhage and PE. We also understand that large parts of NMB are without power. If you are in an affected area, please press your panic button if you’re in need of immediate assistance. Our response teams will make every effort to reach you as quickly as possible. #atlassecurity #flooding #nmbfloods #nelsonmandelabay #kariega #uitenhage

♬ Danger – SoundAudio
@radio_islam

#NMBFloods Heavy rains in Uitenhage, Port Elizabeth flood homes and streets #flood

♬ original sound – Radio Islam

Bronne: Reënval in Suid-Africa, Cinematic Travel SA, TikTok, X