KYK: Gaste glo deur vroue in luuksedakwoonstel beroof – polisie soek verdagtes

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname Yusuf Abramjee

WES-KAAP. – Polisie is op die spoor van verdagtes nadat besoekers na bewering gedurende die langnaweek deur vroue in ’n woonstel in Bantrybaai bedwelm en beroof is.

Kapt. F.C. van Wyk sê aan Nuusflits die Seepunt-polisie ondersoek ’n saak van huisbraak en diefstal ná ’n voorval by ’n eiendom in Kusweg, Bantrybaai. Die voorval het Vrydag 24 April tussen 16:30 en 17:00 plaasgevind. Verskeie persoonlike besittings en klere is uit die woning gesteel. Die polisie sê ondersoeke duur voort en nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Yusuf Abramjee sê volgens berigte het die slagoffers die vroue by Ayepyep-restaurant ontmoet voordat hulle glo “iets” toegedien is. Klere, kontant en selfone ter waarde van ongeveer R300 000 is tydens die voorval gesteel. ’n Beloning van R10 000 word aangebied vir enige inligting wat kan help om die verdagtes vas te trek. Bel 071 591 6120.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief