WES-KAAP. – ’n Grootwithaai is Woensdag tydens ’n haaiduikuitstappie na Robeiland in Valsbaai gewaar. Dit is die eerste keer sedert 2018 wat African Shark Eco-Charters op een van sy uitstappies na dié eiland hierdie grootse spesie gewaar het.
African Shark Eco-Charters het die waarneming op sosiale media bekend gemaak en dit as ’n besonderse en onverwagte ontmoeting beskryf. Die haai is tydens die uitstappie deur die bemanning en gaste gesien. Die operateur het aangedui dat sy span Donderdag weer na Robeiland sou terugkeer om te kyk of die grootwithaai weer waargeneem kan word. Die enkele waarneming bevestig egter nie dat grootwithaaie permanent na die gebied teruggekeer het nie.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: