KYK: Helikopter ná plaasaanval vir boer ontbied

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname West Coast Medical Rescue

WES-KAAP. – ’n Boer (56) is Donderdagmiddag in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal in Kaapstad gevlieg nadat hy tydens ’n plaasaanval tussen Elandsbaai en Lambertsbaai ernstig beseer is.

West Coast Medical Rescue het verskeie oproepe ontvang oor ‘n boer wat wreed aangerand is en het hulle na die toneel gehaas. Die boer is aanvanklik deur ’n plaaslike dokter op die toneel behandel voordat ambulanspersoneel by hom kon uitkom om hom verder te stabiliseer. Hy is volgens inligting met messe aangeval en het ernstige kopbeserings opgedoen. Sy toestand het verswak en ’n helikopter is ontbied om hom dringend na ’n gespesialiseerde traumasentrum te vervoer. Die Netcare911-lugambulans het die boer in ’n kritieke toestand vir verdere mediese behandeling na Christiaan Barnard Memorial-hospitaal gevlieg. Die polisie was op die toneel en ondersoek die omstandighede van die aanval.

Ian Cameron, die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, sê die boer het glo veediewe gekonfronteer wat besig was om skape te steel, toe hy aangeval is. Cameron sê drie verdagtes is na bewering reeds aangekeer, terwyl die polisie nog na ander aanvallers soek wat van die toneel gevlug het. Hy het bygevoeg dat veediefstal al lank ’n ernstige probleem in die gebied is en dat dit groot druk op boerderygemeenskappe plaas.

“Hierdie misdade is dikwels georganiseerd en gewelddadig en vereis gekoördineerde polisie-optrede,” sê Cameron.

Kapt. F.C. van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die boer is Donderdagaand op die R365, naby ‘n plaas buite Lambertsbaai aangeval. Hy het verskeie kopwonde opgedoen. Die man is vir behandeling na ’n nabygeleë mediese sentrum geneem. Terwyl die slagoffer hospitaal toe geneem is, is twee verdagtes by die toneel opgemerk terwyl hulle in die bosse probeer wegkruip. Hulle klere het bloed op gehad en naby is ’n geslagte skaap gevind wat in die bosse versteek was.

Drie verdagtes is in hegtenis geneem en sal in die Lambertsbaai-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is. ’n Saak van poging tot moord en veediefstal word ondersoek. Die omstandighede rondom die aanval word steeds ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief