KYK: Hond van gevaarlike krans gered

Lees ook :

Foto's: NSRI

WES-KAAP. – Die Nasionale See-Reddingsinstituut (NSRI) het Donderdag ‘n hond gered wat vasgevang geraak het op ‘n gevaarlike krans langs die kranspad by Dreunkrans op Hermanus. Die operasie het minder as ‘n uur geduur.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê volgens Edrich Kotze, stasiebevelvoerder van die NSRI in Hermanus, is die diensspan voor 10:00 ontbied nadat die hond op die krans gesien is. ‘n Bekommerde ooggetuie — ‘n plaaslike vrou wat gestap het — het die hond se geblaf gehoor en ondersoek ingestel. Sy het opgemerk dat die hond op ‘n steil helling aan die kant van die krans onderkant die kranspad vasgevang was . Sy het onmiddellik die NSRI geskakel. Die goeie Samaritaan het op die toneel gebly terwyl NSRI die Hermanus Diere-welstandsvereniging (HAWS) ontbied het. HAWS het ‘n diere-hanteerder na die toneel gestuur. Die reddingspan moes oor steil en moeilik toeganklike terrein beweeg om die hond te bereik. Die gemengde ras hond het geen beserings opgedoen nie.

“In ‘n gekoördineerde poging kon ons die hond van die krans af na ‘n veilige area bring. Hy is oorhandig aan die HAWS-diere-hanteraar vir sorg en rehabilitasie terwyl pogings aangewend word om sy eienaars te vind,” sê Kotze.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief