‘n Snit van Imagine Dragons se sesde album Loom – Nice To Meet You – handel oor uitgaan (dating).
Dan Reynolds (sanger van Imagine Dragons) het in ‘n video verduidelik: “Ek het dit nog altyd baie gehaat dat wanneer jy met iemand uitgaan, jy ook soort van met hul vriende uitgaan.” Hy het nog altyd gedink dat jy nie noodwendig van iemand van wie jy hou se vriende ook moet hou nie. Hy sê die liedjie verduidelik eintlik alles.
Die liedjie is ‘n ware verhaal, en Reynolds het die meisie se toestemming gekry om daaroor te skryf. Toe Reynolds vir haar die liedjie speel, het sy gevra wat dit beteken en hy het gedink dis dalk ‘n slegte idee. Maar nou lag hulle daaroor.
Dus, oor wie gaan hierdie liedjie? Dan Reynolds het in 2022 van die sangeres Aja Volkman geskei ná 11 jaar van getroude lewe. Daarna het hy met die aktrise Minka Kelly begin uitgaan. Baie Imagine Dragons-aanhangers glo dat Nice To Meet You oor Minka gaan.
Reynolds het met Imagine Dragons-kitaarspeler Wayne Sermon, baskitaarspeler Ben McKee en die Sweedse produksieduo Mattman & Robin saamgespan om die liedjie lewendig te maak.
Toe hulle met Nice To Meet You begin het, het Reynolds die “de de de de de dah“-melodie in sy kop gehad. Die Imagine Dragons-voorsanger het aan Mattman & Robin gesê hy wil nie hê dit moet ‘n manstem wees nie; hy het gedink dit moet die meisie wees wat hy aanspreek.
Sosialemediaplatforms:
Instagram
Youtube
Facebook
Bronne: Imagine Dragons, SongFacts





