Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard se tweelingseuns, Daniël en Eliah (9), het op die verhoog van Afrikaans Is Groot as dromspelers verras.
“So trots op my tweeling wat die jaar saam met my Afrikaans is Groot doen!!! Julle is oulik op die dromme my manne. Mamma het julle sooo lief!! Julle is twee regte gentlemen! Help my met als daar agter die verhoog.”
Van Jaarsveld het al in die verlede beeldmateriaal gedeel waarin die tweeling, wat op 19 Desember 10 word, te sien is.
In die video wat Van Jaarsveld self geneem het, speel die seuns aan beide kante van nog ‘n drommer op die maat van Bok van Blerk se Ik Ben Een Afrikaander.

Foto: Afrikaans Is Groot





