Onwettige straatren eis bekende in omgewing

Lees ook :

Foto: Phillip Bezuidenhout en skermgreep van video-opname South African Crash, Crime And Medical Emergency Update Channel

GAUTENG. – Phillip Bezuidenhout (25) het gesterf nadat die voertuig waarin hy gery het, glo Sondagaand tydens ‘n onwettige straatren in die berugte Steve Bikorylaan in die Moot van Pretoria met ‘n ander motor gebots het. Die voorval in die Wonderboompoort-polisiëringsgebied het medelye laat instroom.

Volgens kapt. Johan van Dyk, polisiewoordvoerder is ‘n passasier dood en twee bestuurders ernstig beseer, nadat ‘n wit Renault Kwid glo ‘n stopbord verontagsaam en met ‘n maroenkleurige Honda Ballade op die kruising van Steve Bikorylaan en Booysenstraat in Wonderboom-Suid, Pretoria gebots het. Na die botsing het die Honda Ballade die padoppervlak verlaat en ‘n lamppaal getref. Nooddienste het die beseerdes na ‘n naburige hospitaal vervoer, waar die passasier later dood verklaar is. ‘n Saak van strafbare manslag is geopen en die ondersoek duur voort.

Phillip was ‘n oudleerling van Laerskool Mayville en Hoërskool Wonderboom. Volgens Rekord was Bezuidenhout nie alleen in die voertuig nie. Hy is by ‘n plaaslike hospitaal dood verklaar. Steve Bikostraat, voorheen Voortrekkerweg, is al dekades lank berug vir onwettige straatrenne en Phillip is nie die eerste slagoffer van dié onwettige renne nie.

Frieda Bezuidenhout het ‘n hartverskeurende boodskap oor die afsterwe van haar seun gedeel. “Nooit het ek gedink dat verlede Woensdag die laaste keer sou wees wat ek my kind sou kon druk, in sy oë kyk en sê ek is lief vir jou nie,” het sy geskryf. Frieda het in haar plasing erken dat sy altyd gebid het dat hierdie oomblik haar nooit sou tref nie. “Ek het altyd gebid en God gevra dat die beker van ‘n kind se oop graf asseblief by my moet verby.”

Michaela Herbst, wat saam met Phillip op laerskool was, sê sy sal altyd onthou hoe ‘n lawwe persoonlikheid Phillip gehad het en dat hy ‘n gunsteling was wat almal om sy pinkie kon draai.

Lees ook meer hier onder:

Bronne: Frieda Bezuidenhout, South African Crash, Crime And Medical Emergency Update Channel, Rekord

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief