President Cyril Ramaphosa het bevestig dat niemand in hegtenis geneem sal word vir die sing van die omstrede “Kill the Boer”-lied nie. Hy het verwys na verskeie hofuitslae wat bepaal het die lied is ‘n vryheidslied en nie letterlik bedoel nie.
Ramaphosa het hierdie verduideliking gegee tydens ‘n infrastruktuurkonferensie in Kaapstad, nadat die Amerikaanse president Donald Trump verlede week gevra het waarom EFF-leier Julius Malema nie in hegtenis geneem is vir die sing van die lied nie.
“Ons is ‘n soewereine staat met eie wette,” het Ramaphosa gesê. “Die Konstitusionele Hof het reeds besluit hierdie leuse – ‘Kill the boer, kill the farmer’ – vorm deel van ons vryheidserfenis.”
Die president het beklemtoon niemand vir Suid-Afrika moet sê hoe om sy wette toe te pas nie.
“USA will not dictate if we arrest Malema… Kill the Boer is a struggle song”.- Cyril Ramaphosa of South Africa. pic.twitter.com/6dBYZSt1Gr
— Typical African (@Joe__Bassey) May 27, 2025
Dus moet niemand sê BBE nie wat maak enige iemand Dan beter as malema. Maw dit is OK vir my sus om te sterf na ń aanranding dit is OK Dat my swaar vandal kruppel is agv van ń koël dit is OK Dat my MA aangerand was omdat daar vir haar brood gevra is en met liefde is sy verniel so Kan ek aangaan dit is huller stragel lied en viva skreeu ons ons ouers wat 6vt in die graf is want huller Kan Kom moor. Ons respek anders se land. Maar GOD slaap nie.