KYK: Riaan Benadé terug met nuwe treffer oor verhoudings – ‘Kattebak’

Lees ook :

Foto: Hendri Fourie

Riaan Benadé, bekende sanger, is terug in die kollig met sy splinternuwe enkelsnit Kattebak.

Fanie Nel, woordvoerder van die Coleske Groep, sê Kattebak het reeds voor Riaan se debuutalbum, Spontaan, begin vorm aanneem en is oorspronklik saam met Georic Lomas geskryf.

Volgens Riaan is die verse al twee jaar gelede voltooi. Kattebak gaan oor die uitdagings van ‘n verhouding deur moeilike tye, maar dra ‘n boodskap van hoop. Riaan sê die doel van die liedjie is om mense te herinner aan beter tye en om te fokus op wat hulle al saam deurgemaak het. “En al gaan dit nie nou goed nie, sal dit beter raak as die paartjie kyk na wat hulle al deur is.”

Hy sê op klankvlak wys die liedjie ’n groter dimensie as sy vorige werk. Met ’n subtiele danselement beloof dit om gehore ook op die dansvloer te laat beweeg. Riaan voeg by: “As jy van my vorige musiek gehou het, gaan jy hierdie liedjie baie geniet.”

Kate Roothman, die aktrise bekend vir haar rol in kykNET se Binnelanders verskyn in Kattebak se video. Kate het voorheen ook in Riaan se Gooi My Nog ’n Whiskey-video verskyn. Die video, deur Eric T. Graham en Tehan Buys, is in verskeie plekke in Pretoria verfilm, met skietdae wat vroegoggend begin het en tot laat in die aand gestrek het. ’n Hoogtepunt in die video is ’n ikoniese BMW 325, beskikbaar gestel deur Riaan se vriend Corbêr Viljoen. “Ons moes ekstra sekuriteit reël vir die kar omdat dit so ’n gewilde kar is om mee rond te ry,” lag hy.

Nel sê met Kattebak bewys Riaan Benadé weer sy vermoë om eerlike storievertelling met kommersiële aantrekkingskrag te kombineer, ’n liedjie wat die hart raak en die voete laat beweeg.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief