Mans in hof vir ‘gesteelde voertuigonderdele’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Kasper Stander (69) en Rian Stander (46) het Donderdag op beskuldigings van diefstal, bedrog, geldwassery en besit van gesteelde voertuigonderdele in die Benoni-streekhof verskyn. Albei is op borg van R2 000 vrygelaat en die saak is tot 9 Maart uitgestel.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê die Standers is op 3 Maart tydens Project Vivian, ’n intelligensie-gedrewe operasie deur die Gauteng-Valke en die NVG in hegtenis geneem. Hulle is verbind aan ’n soektog by ’n stoorfasiliteit in Benoni waar ’n grys Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie gevind is, met vermoedelik gesteelde onderdele en ’n gemanipuleerde enjin- en VIN-nommer.

In ‘n uitgebreide soektog by die fasiliteit met 100 eenhede is twee eenhede geïdentifiseer. Die soektog het ’n Hyundai H100-enjin wat bevestig is dat dit geroof is en vier Toyota Fortuner-remversterkers opgelewer. Al die voertuie en onderdele is vir verdere ondersoek in beslag geneem. Die verdagtes is aan nege ander sake verbind wat vroeër teruggetrek is.

Die ondersoek duur voort en verdere arrestasies word nie uitgesluit nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief