KYK: Roekelose jaagduiwel in Kruger Nasionale Park gesoek

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video @JVR_ONLINE Instagram

MPUMALANGA. – Beeldmateriaal van ‘n persoon wat riviere onwettig oorsteek, op geslote paaie ry en roekeloos binne die Kruger Nasionale Park (KNP) bestuur, het groot kommer by SANParke gewek. Pogings tans aan die gang is om die individu op te spoor.

JP Louw, SANParke se hoof van kommunikasie en woordvoerder, sê die gedrag toon growwe minagting vir bewaringsregulasies en openbare veiligheid. Dit sal nie geduld word nie en sal met die nodige erns hanteer word. “Roekelose bestuur in beskermde gebiede bedreig nie net mense se lewens nie, maar ook die wildlewe, sensitiewe ekostelsels en die veiligheid van ander parkbesoekers.”

Louw sê voorts wanneer die persoon in die voertuig geïdentifiseer is, sal hy die volle gevolge van die wet in die gesig staar, insluitend boetes en die intrekking van toegangsvoorregte tot alle SANParke-gebiede. Hek-amptenare wat in die video die gedrag aanmoedig, sal eweneens verantwoordelik gehou word. Lede van die publiek met inligting word versoek om SANParke deur die amptelike kanale of die naaste wetstoepassingsowerheid te kontak.

Dié beeldmateriaal kan op die @JVR_ONLINE Instagram blad gesien word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief