LIMPOPO. – ‘n Malawiese bus was Donderdagaand op die N1 buite Makhando naby die Witvlag-afdraai in ‘n ernstige ongeluk betrokke. Iasaac Gisali, ‘n Keniaanse-burger wat ‘n passasier op die bus was, vertel in ‘n video-opname hier onder wat voor die ongeluk gebeur het.
Volgens Mashudu Mabata, woordvoerder van die Limpopo Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid, is ‘n onbevestigde aantal sterftes aangemeld. Die aantal beseerdes moet nog bevestig word. Terwyl verkeersbeamptes, polisie en nooddienste op die toneel was, was die pad vir verkeer gesluit. Verdere besonderhede is nog nie vrygestel nie.
Volgens Limpopo Traffic Update het minsterns agt persone tot dusver gesterf en die aantal beseerdes is onbekend.
Bronne: Limpopo Department of Transport and Community Safety, Limpopo Traffic Updates


