Kyk: Twee beweerde opstokers van Mthatha-onluste vas

Lees ook :

Kyk: Twee beweerde opstokers van Mthatha-onluste vas. Foto: Business Live

MTHATHA, OOS-KAAP. – Twee verdagtes is in hegtenis nadat hulle na bewering die opstokers agter die taxistakings was wat veroorsaak het dat alle hoofroetes na Mthata op 27 Mei 2024 geblokkeer is.

Volgens die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur (NatJoints) is die twee op 30 Mei uiteindelik in Mthatha aangekeer.

Een verdagte, Mthuthuzeli Sogoni (57), ’n lid van ’n taxivereniging in die OR Tambo-distrik, is in hegtenis geneem vir ’n beweerde stemnota waarin hy glo geweld aanmoedig en mense aanraai om nie te stem nie.

Die tweede verdagte is Ncebo Nkosi (47), wat na bewering ’n video van homself gemaak het waarin hy taxi-operateurs en -eienaars aanmoedig om die verkiesings te onderbreek en deel van ’n gewelddadige protesaksie te wees.

Beide verdagtes het Vrydag in die Mthatha-landdroshof verskyn. Hulle is elk op borg van R3 000 vrygelaat. Hulle saak kom weer op 22 Julie voor.

Hier is die video wat glo deur Ncebo Nkosi gemaak en versprei is:

Video: SAPD

Bron: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief