Kyk: Verskeie partye vra stemme moet weer getel word

Lees ook :

Talle partye vra stemme moet weer getel word. Foto ter illustrasie: Cava

Die onafhanklike verkiesingskommissie het nie die moontlikheid van die hertel van stemme uitgeskakel nie, nadat hulle klagtes van verskeie politieke partye ontvang het.

Die uMkhonto weSiswe (MK)-party het gevra die nasionale verkiesing se stemme moet weer getel word. Hulle het ook aangedui dat hulle teen die resultate gaan appelleer.

Volgens Nhlamulo Ndhela, die party se woordvoerder, het hulle glo ongerymdhede op stemvorms gevindl. Hulle beweer die verkiesingskommissie wil nie sê watter mense Vrydagoggend vroeg by die Telkom-stelsels rondgedwaal het nie.

Die onderbreking in die sisteem, wat twee uur geduur het, is ook vir hulle kommerwekkend.

Hulle is nie al party wat ontevrede is nie. Die leier van die African Congress for Transformation (ACT), Ace Magashule, beweer ook dat stemme moontlik aangepas is. ’n Klag is amptelik deur die party by die verkiesingskommissie ingedien omdat hulle glo daar is met sekere stembokse gepeuter.

Die Vryheidsfront Plus het aangedui hulle aantal stemme stem nie ooreen met wat die verkiesingskommissie gekry het nie.

Die finale uitslae word Sondagaand om 18:00 bekendgemaak.

Bronne: SABC, EWN, X, TikTok

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief