KYK: Video van geweld in Boksburg trek aandag

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname André Snyman en Yusuf Abramjee

Waarskuwing! Geweld en taalgebruik in die video kan sommige lesers onstel.

GAUTENG. -‘n Video van ‘n gewelddadige voorval in Boksburg het op sosiale media versprei en wyd aandag getrek. Wat eers as ‘n straatgeveg bestempel is, is na bewering die reaksie van die gemeenskap nadat ‘n ouer man glo onvanpaste opmerkings teenoor ‘n meisie gemaak het. Die kinders was op pad terug van ‘n winkel af. Die ouma het die ouer man se optrede raakgesien, waarna die gemeenskap gereageer het.

In die opname kan gesien word hoe omstanders ‘n wit dubbelkajuitbakkie met voorwerpe gooi en daar word selfs geskiet. Die bestuurder van die bakkie ry dan teen ‘n boom vas.

André Snyman van eblockwatch sê die voorval is ‘n kragtige voorbeeld van wat gemeenskapsnetwerke werklik beteken. “Boksburg het iets besonders: mense wat nog na mekaar omsien. Die WhatsApp-groepe is aktief, die plaaslike veiligheidsnetwerk is sterk en wanneer iets gebeur, kyk mense nie net toe nie, hulle tree op,” sê Snyman.

Hy erken dat die video op die oog af soos chaos kan lyk, maar sê dit is veel meer as dit. Dit is ‘n gemeenskap wat ‘n grens trek. Dit is bure wat mekaar ken, wat omgee, en wat ‘n kind nie as “iemand anders se probleem” beskou nie. In baie plekke kyk mense deesdae weg. Hulle wil nie betrokke raak nie. Maar in heg-saamgestelde gemeenskappe, sê Snyman, tree mense sáám op en dit is presies die ruggraat van eblockwatch: regte mense, regte verhoudings, regte gemeenskappe wat deur betroubare netwerke verbind is.

“Boksburg het gewys hoe gemeenskapsbeskerming lyk. Nie perfek nie. Nie gepoleer nie. Maar teenwoordig. En soms is teenwoordigheid wat kinders veiliger hou.”

Yusuf Abramjee het op sosiale media gesê: “”Boksburg North: Street fight.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordevoerder, sê aan Nuusflits ‘n saak van poging tot moord en kwaadwillige beskadiging van eiendom word tans deur die Boksburg-misdaadkantoor ondersoek nadat ‘n man Sondag aangeval is. Volgens Nevhyhulwi het die slagoffer sy dogter gaan haal toe die gemeenskap hom skielik aangeval het. Sy bakkie is glo met klippe gegooi en daar is op hom geskiet. Die saak is aanvanklik by Boksburg-Noord-polisiekantoor geopen en is vandag na die Boksburg-polisiekantoor oorgedra. Die misdaadkantoor wat die ondersoek doen, is tans besig om die verdagtes te probeer opspoor.

But present.

And sometimes presence is what keeps children safer.

See less

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief