Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Vragmotor sonder remme veroorsaak glo massiewe kettingbotsing

Kyk: Vragmotor sonder remme veroorsaak glo massiewe kettingbotsing. Foto: Whatsapp
Kyk: Vragmotor sonder remme veroorsaak glo massiewe kettingbotsing. Foto: Whatsapp

PRETORIA, GAUTENG. – ’n Vragmotor waarvan die remme glo gefaal het, het Vrydagmiddag omstreeks 17:00 ’n massiewe kettingbotsing op die hoek van Solomon Mahlangu- en Garsfonteinweg veroorsaak.

Volgens ’n omstander het die vragmotor van ’n heuwel af gekom en kon glo nie remme aanslaan nie.

Nooddienste is na die toneel ontbied waar voorlopig bevind is meer as tien voertuie was by die botsing betrokke.

Volgens Live Traffic het die verkeer vir meer as 8 km in albei rigtings opgehoop. Die aantal beseerdes is nog nie amptelik bekendgemaak nie.

Foto: Pretoria Traffic & Road Incidents
Foto: Pretoria Traffic & Road Incidents

Bronne: Live Traffic, Pretoria Traffic & Road Incidents