KYK: VSA Marines lei metropolisie-kadette op Muizenberg-strand op

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname JP Smith

WES-KAAP. – Die teenwoordigheid van VSA Marines op Muizenberg-strand het onlangs vir heelwat nuuskierigheid gesorg, maar JP Smith sê dit vorm deel van ’n gestruktureerde samewerking met internasionale veiligheidsvennote.

Smith, is ‘n DA-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê die samewerking met internasionale polisiërings- en veiligheidsagentskappe is deel van ’n poging om die gehalte van plaaslike wetstoepassing te versterk. Opleiding en ondersteuning dek onder meer kubermisdaad, ontvoeringsake, dwelmverwante misdaad, ondersoektegnieke en wildmisdaad.

In dié spesifieke sessie het lede van die die Amerikaanse Marinekorps saam met Metro-polisiekadette geoefen en hulle deur ’n standaard fiksheidsroetine geneem. Die owerhede sê fisieke fiksheid vorm ’n belangrike deel van die departement se kultuur en opleiding.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief