KYK: Waarskuwing oor ys en modder verkeer in noorde van Pretoria beïnvloed

Lees ook :

Foto's: deur Johan Botha verskaf

Indien jy in die gebied is, deel jou foto’s en video’s in die kommentaar.

GAUTENG. – Verskeie dele van Pretoria het sedert Sondagaand onder haelstorms deurgeloop. Die hael, wat spierwit opgehoop lê, is met ‘n dik sneeukombers vergelyk. Inwoners het hulle na sosiale media gewend oor ruite wat gebreek is, dakke wat meegegee het en selfs op voertuie geval het. Live Traffic NPO het motoriste tot versigtigheid gemaan oor paaie wat na en van Pretoria-Noord lei.

Padgebruikers in dié gebied van Pretoria-Noord is vanoggend (Maandag) gewaarsku om uiterste versigtigheid aan die dag te lê, nadat ‘n yslaag en modder verskeie roetes onbegaanbaar gemaak het. Luidens die waarskuwing wat om 05:30 uitgereik is, moet voertuie wat van noord na suid deur die Poort, Paul Krugerstraat-verlenging reis die linkerrybaan vermy, aangesien dit steeds met ys bedek is. Die afrit na Wonderboom Junction vanaf die noordelike kant moet ook vermy word. Verkeer van suid na noord deur die Poort word gewaarsku dat hierdie gedeelte tans gesluit is. Daar is ook modder aangemeld in die duikweg in Rachel de Beerstraat, een van die toegangsroetes Pretoria-Noord in. Voertuie maak noodgedwonge ook gebruik van die buslaan.

Hael wat in Montana, Sinoville, Annlin, Doornpoort, Pretoria-Noord, die Moot en selfs na die ooste van Pretoria, Rayton en Bronkhorstspruit voorgekom het, is op sosiale media gedeel. Die aanhoudende dreuning van die weer was vir ‘n lang tydperk hoorbaar. Elektrisiteit moet op verskeie plekke herstel word.

Sinoville Brandbestryding sê: “’n Intense haelbui het Montana-aftree-oord, asook omliggende dele van Montana ernstig geraak. Verskeie pasiënte moes as ’n veiligheidsmaatreël verskuif word, terwyl die SBBV noodgedwonge moes ingryp om te verhoed dat beskadigde plafonne op die pasiënte ineenstort. Water het tot bo kniehoogte deur dele van die oord gevloei. Die SBBV het onmiddellik begin met wateruitpompingswerk om verdere skade te beperk.”

Marizelle Marais het ‘n plasing gedeel van haar seun se roete: “My seun se pad Onderstepoort toe vanoggend…. Hy moes half 8 op kampus wees, en hulle kan nie deur die haelmuur ry nie… Moet ompaaie soek….. Pretoria 1/12/25”

Storm Report SA het die volgende foto’s van Ammi van Sinoville gedeel: “Ammi sent us these images. Hail has not melted since last night in Sinoville Pretoria.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief