INDONESIЁ. – Altesaam 442 mense is dood ná oorstromings en grondstortings in Indonesië. 402 mense word steeds vermis.
Lees ook: Meer as 100 mense in Suid-Oos Asië dood ná oorstromings en grondstortings
Die hoof van die Indonesië regering se rampbestuuragentskap, Suharyanto, het gesê die “dodetal sal waarskynlik styg omdat baie liggame nog vermis is en baie is nog nie bereik nie”.
Monsoenreën en ‘n tropiese storm genaamd Cyclone Senyar het die oorstromings en grondstortings veroorsaak. Die reën het veroorsaak dat rivierbanke gebreek het. Geboue, huise en mense is in North Sumatra, Wes-Sumatra en Aceh weggespoel.
Reën en storms het ook dele van Thailand, Maleisië, die Filippyne en Sri Lanka in November getref. Meer as 900 mense is dood.
Bronne:Euronews, BBC, ABC
Lees ook: Meer as 100 mense in Suid-Oos Asië dood ná oorstromings en grondstortings





