JERUSALEM. – Die oorskot van die laaste Israeliese gyselaar wat in Gasa begrawe was, is vandag in sy tuisdorp Meitar te ruste gelê. Lede van Israel se polisiediens en weermagsoldate het ‘n erewag gevorm in eerbetoon aan hulle gestorwe makker.
Stafsers.maj. Ran Gvili, ‘n polisiebeampte van die Israel Police Special Patrol Unit (YASAM), is doodgeskiet toe Hamas Israel op 7 Oktober 2023 aangeval het. Sy liggaam is deur Hamas gevange geneem en in Gasa begrawe. Vroeër vandeesmaand is sy oorskot in ‘n begraafplaas tydens die Israelse weermag se Operation Brave Heart opgegrawe. Hierdie was die oorskot van die laaste gyselaar wat steeds in Gasa was.
Bronne: The Jerusalem Post, Unpacked





