John Steenhuisen, landbouminister, het dr. Gary Bauer aangestel om die wildbedryf op die ministeriële taakspan vir bek-en-klouseer (BEK) te verteenwoordig. Die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging (SAVA) se wildgroep, wat 153 wildveeartse verteenwoordig, het hom genomineer.
Afrika-buffels is natuurlike draers van die bek-en-klouseer-virus en kan dit na vee versprei. As ’n trop besmet raak, kan die virus nie uitgeroei word nie. Suid-Afrika het meer as 3 200 geregistreerde, siektevrye buffelplase wat duisende werksgeleenthede skep en miljarde rande tot die ekonomie bydra. Indien ’n gesertifiseerde trop besmet raak, moet die hele trop uitgeskiet word. Steenhuisen sê die wildsektor moet deel wees van die land se herstelplan. Die strategie sluit ’n gefaseerde inentingsprogram in.
Lees meer hier onder:







