Langverwagte Blake Lively-fliek open Vrydag in fliekteaters

Lees ook :

It Ends with Us
Foto: Facebook

Die veelbesproke It Ends With Us, gebaseer op Colleen Hoover se topverkoperboek, sal vanaf eerskomende Vrydag 16 Augustus 2024 in Suid-Afrikaanse fliekteaters te sien wees.

Die storie volg die romanse tussen die bloemis Lily Bloom, vertolk deur Blake Lively, en die neurochirurg Ryle Kincaid, gespeel deur Justin Baldoni, wat ook die regisseur van die film is. Die twee ontmoet op die dak van ‘n gebou in Boston, VSA, waar die liefde begin vlamvat. Lily ontdek later in die verhouding dele van Ryle se karakter wat haar pla, en wanneer haar voormalige jeugliefde, Atlas Corrigan (Brandon Sklenar), weer sy opwagting maak, bevraagteken sy haar en Ryle se toekoms.

Baldoni, wat die filmregte in 2019 gekoop het, het die projek aanvanklik as ‘n kleiner, onafhanklike produksie aangepak, maar Sony het dit omskep in ‘n lokettreffer. It Ends With Us is losweg gebaseer op die ware ervarings van die skrywer Colleen Hoover se ma, wat self in ‘n stormagtige en gewelddadige verhouding was.

Die fliek ondersoek die komplekse aard van romanse en die realiteit van geweld in verhoudings.

Kyk die lokprent hier:

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App