GAUTENG. – ‘n Graad agt-leerder van die Sekondêre Skool Pholosho in Alexandra wat na bewering ‘n mede-leerder op die skoolterrein doodgesteek het, het homself aan die polisie oorgegee.
Die 15-jarige verdagte sal na verwagting vandag in die Alexandra-landdroshof verskyn.
Leerder op skoolterrein doodgesteek
“Die verdagte het Maandagaand saam met sy pa by die Alexandra-polisiestasie aangekom en homself aan die polisie oorgegee. Daar word beweer dat die verdagte Maandag omstreeks 12:00 tydens pouse met ander leerders baklei het. Daarna het hy die klas met ‘n skerp voorwerp binnegegaan en glo een van die leerders gesteek,” het kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
Die gesteekte leerder is op die skoolterrein dood verklaar. Die motief vir die moord en wat die geveg veroorsaak het, word nog ondersoek.
LEES OOK: Leerder Maandag buite klaskamer doodgesteek
Volg Nuusflits hier vir die nuutste nuus.
Nuusflits het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.