PAS BEKEND: Leerlinge sterf in botsing tussen bus en minibus

Lees ook :

Foto's: Polokwane-munisipaliteit

LIMPOPO. – Minstens drie mense, onder wie twee leerlinge, is volgens voorlopige inligting dood, nadat ’n Quantum-minibus en ’n bus gebots het. Albei die voertuie het leerlinge vervoer op die pad tussen Jupiter en Diana in die Mashashane-gebied.

Polokwane-munisipaliteit sê sy brand-en-reddingsdienste is na die toneel ontbied, waar nooddienspersoneel werk om leerlinge wat in die voertuie vasgekeer is, te bevry. Meganiese reddingskake word gebruik om die vasgekeerde leerlinge uit die voertuie te haal. Volgens voorlopige inligting dui daarop dat die bestuurder van een van die voertuie en twee leerlinge in die botsing dood is. Die reddingsoperasie is steeds aan die gang en verdere besonderhede oor die ongeluk en moontlike ander slagoffers is nog nie bekend nie.

Motoriste word gemaan om uiters versigtig in die gebied te bestuur en die toneel, waar moontlik, te vermy sodat nooddienspersoneel onbelemmerde toegang het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief