Leerlinge sterf in afsonderlike skoolverwante voorvalle

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG – Die Gautengse departement van onderwys (GDE) het bevestig twee leerlinge van afsonderlike skole het gesterf ná gebeure by die betrokke skoolpersele.

Steve Mabona, GDE-woordvoerder, sê ‘n gr. R-leerling van Laerskool Bennet Isaacs in Coronationville, Johannesburg, is oorlede nadat hy glo beserings op die skoolterrein opgedoen het.

In ’n aparte voorval het ’n gr. 12-leerling van Vosloorus Comprehensive Hoërskool op 4 Februarie tydens ‘n middagstudiesessie siek geword en is later oorlede terwyl sy van ‘n mediese fasiliteit na ’n hospitaal vervoer is. Die skool is op 5 Februarie van die matrikulant se afsterwe ingelig. Die departement het ondersoeke ingestel en sal die bevindinge aan die publiek bekend maak sodra die prosesse afgehandel is.

Ouers, skole en gemeenskappe word versoek om ondersteuning te bied aan die families en leerlinge wat deur hierdie gebeure geraak is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief